


Watsenaam is n kommunikasie en bemarkings agentskap wat fokus daarop om:
1. Eerste jou produk en die waarde daarvan te verstaan.
2. Jou teikenmark en hul behoeftes/ begeertes te verstaan.
3. Deur die regte media kanale by jou gehoor uit te kom.

Hi! Ek is Corlia Badenhorst. Ek is ‘n kommunikasie- en bemarkingspersoon met meer as 10 jaar ervaring in media, bemarking en skakelwerk. My loopbaan het my blootstelling gegee aan uitgewers, EdTech, akademiese ontwikkeling en korporatiewe kommunikasie. Ek werk tans ook vryskut in radio as ‘n aanbieder, waar ek daagliks my liefde vir media, kommunikasie en mense uitleef. My sterkpunte lê in strategiese handelsmerkposisionering, die skep van unieke waarde-aanbiedinge, en die koppeling van handelsmerke aan relevante media- en bemarkingsgeleenthede wat eg en getrou bly aan elke besigheid se unieke identiteit. Kom ons bou ‘n handelsmerk wat getrou bly aan jou identiteit, nie net aan die nuutste trend nie. Ek bestuur die strategie en kreatiewe rigting, met ‘n span vryskut spesialiste wat met tyd uithelp soos nodig op projek

Die begin/skep van ’n handelsmerk, brand/ logo en kleure. (“Look and feel” van jou handelsmerk).

Opstel van standaard/ formate van kommunikasie dokumente soos briewe, FAQs, standaard eposse.

Opstel van ‘n Bemarking en verkoops- plan of veldtog/te

Opstel van sosiale media planne, help om advertensies te hardloop en mark navorsing.

Skryf, ontwerp, uitstuur en plasing van relevante media blootstelling op media kanale/ op platforms waar jou gehoor is.

Van pamflette ontwikkel tot Webtuiste ontwikkeling, digitale bemarking en veldtogte hardloop.
Blaai deur ons blog vir inspirasie, raad en nuus.
Open today | 09:00 – 17:00 |
Copyright © 2026 Watsenaam - All Rights Reserved.
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.